News
Wie is mans wat met AK47’s rondry?
Almal wonder wie die boodskap rondgestuur het dat daar mans, gewapen met AK47’s in ’n blou BMW in Kanonkop en Dennesig rondry.
Die boodskap het om ongeveer 22:25 Vrydagaand op ’n noodgroep deurgekom en lui as volg:
“Terwyl jul so ry, kyk uit vir ’n blou BMW met vier mans, hulle is gewapen met AK47’s, beweeg in Kanonkop en Dennesig rond, registrasie onbekend.”
Kort daarna is daar op die groep gesê dat mense hulle nie moet konfronteer nie.
By navraag aan die persoon wat die boodskap op die groep geplaas het, het sy gesê dat dit net vir haar aangestuur is. Sy weet nie wie die oorspronklike boodskap geplaas of wie die persoon is wat die mans gesien het nie.
•Die persoon wat wel die mans en die wapens gesien het, word gevra om Daleen Naudé by 013 243 1434 te bel.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
