Bedelende egpaar wil hul “skuilplek” verkoop
Die bedelende egpaar met hul blondekopseuntjie, is besig om hul “huis”, ’n wit Uno, te verkwansel.
Verskeie ooggetuies het gesê dat die Cecila (Dora) en Francois (Cois) Theunissen saam met die kind in die nagte in die kar slaap in ’n parkeerarea in Walter Sisulustraat.
Vir die afgelope week is die voertuig in die parkeerarea voor ’n besigheid gesien, maar Dora en Cois was nie naby die kar nie.
Die eienaar van die besigheid (wat verkies om anoniem te bly) sê hulle wil die kar aan hom verkoop, omdat die voertuig stukkend is.

Hy het egter vir hulle gesê dat hy net sal kyk daarna om die kar by hulle te koop, as hulle die kar se registrasiedokumente vir hom bring.
“Hulle slaap nie in die aande in die kar nie, want ons parkering word toegesluit.”
•Niemand weet waar die twee met hul kind nou in die aande slaap nie.
Dora het wel Maandagaand in Groenkol rondgeloop en by huise gebedel vir kos. Sy het gesê sy bedel, want sy het ’n kind om te onderhou.
