News

Du Plessis se trane dalk te laat?

Tertius du Plessis (36) se krokodiltrane in die hof, was dalk te laat om hom te red van lang gevangenisstraf.

Du Plessis het hierdie week in die hooggeregshof erken dat hy me. Johanna Rossouw (86) op 31 Januarie 2021 in haar huis in die Edenpark Versorgingsoord in eMalahleni, vermoor het. ’n Klag van huisbraak is teen hom teruggetrek.

Haar liggaam is met verskeie steekwonde deur oordsekuriteit aangetref nadat Du Plessis met me. Rossouw se wit Honda Jazz by die oord se hekke uitgery het. Die voertuig is ’n dag later in Krugersdorp opgespoor, terwyl Du Plessis hom op 3 Februarie aan die Mondeor polisie oorgegee het.

Hy het nege vorige veroordelings.

Du Plessis het vroeër in trane uitgebars, nadat hy vir die hof gesê het dat hy graag met sy slagoffer se familie wou praat. Hy het snikkend gesê “ek is vreeslik jammer,” voordat hy skuld beken het.

Tydens vonnisverrigtinge, wat tans aan die gang is, het die staat die volgende verswarende omstandighede uitgewys:

•Statistieke wys daar is ’n toename in moorde, veral in Mpumalanga.

•Du Plessis het ’n kwesbare vrou in haar huis aangeval, verskeie kere met ’n mes gesteek en haar hande vasgebind.

•Sy was ’n slagoffer van geweld teen vroue.

•Die misdryf is verswarend, omdat moord tydens die roof met opset om ernstig te beseer, gepleeg is.

•Dit was ’n misdaad weens gierigheid en finansiële gewin.

Die verdediging het gevra dat alhoewel daar nie buitengewonde omstandighede was nie, die hof genade moet toon om Du Plessis berou getoon het en verantwoordelikheid vir sy dade aanvaar.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button