Blondekop seuntjie by ouers weggevat
Die man en vrou wat hul blondekopseuntjie die laaste meer as twee maande gebruik het om te bedel in en om Middelburg, se kind is nou finaal by hulle weggevat.
Talle mense het by www.mobserver.co.za gekla dat Francois (Cois) en Dora (Cecilia) Theunissen hul seuntjie gebruik om te bedel.
Op ’n stadium het die familie die kind weggevat by die twee, maar sowat drie weke gelede was hulle weer terug in die strate met die kind. Hulle het gewoonlik rondgery in ’n wit Uno met die pa, met die seuntjie op sy skoot, in die warm kar, terwyl die ma naby op ’n straathoek bedel.
Lees ook: Dorp sien rooi oor egpaar wat kind glo misbruik
Die afgelope tyd het die twee, met die kind by hulle, sommer in die Uno geslaap, maar het meer as ’n week gelede ’n besigheid genader om die Uno by hulle te koop. In hierdie tyd is hulle gesien waar hulle met die seuntjie bedags in Iraq taxistaanplek rondloop.
Verlede week is hulle weer daar gesien en moes Dora die kind optel, omdat sy voetjies gebrand het.
Lees ook: Familie sê paartjie wat met kind bedel is dwelmverslaafdes
Dieselfde aand het sy in Groenkol en Mineralia vir kos gebedel en vir mense gesê dat sy bedel omdat sy ’n kind moet onderhou.
Die klagtes het die Middelburg CMR se ore bereik en is die egpaar laat verlede week sonder die kind gesien.
•Die CMR se Mpumalanga kantoor het vanoggend bevestig dat die kind met ’n hofbevel verwyder is en in ’n plek van veiligheid geplaas is.
