News
Diere almal veilig by Amora na storm
Alhoewel stormwater 'n groot gedeelte van Amora Dierepark oorstroom het, is al die diere veilig.

Me. Marietjie Britz het pas bevestig dat daar gelukkig geen diere beseer is tydens die storm nie.
“Die hokke het almal palette waarop die diere kan klim. Ons moes net ‘n paar marmotte en hase skuif. Gelukkig was ons almal nog daar tydens die storm.”
*Van oral oor in die dorp af het mense gewaarsku dat motoriste versigtig moet ry.
Op sommige plekke het die water opgedam en soos damme oor die paaie gespoel. Daar het ook ‘n paar bome omgewaai.
Die storm ten spyt, is laat weet dat die Amora Kersmark wel more aand begin.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
