News
Kranslegging vir matriekleerlinge wat in ongeluk sterf
Vanoggend vanaf 08:00 het die Loskop Vallei gemeenskap en leerlinge van Hoërskool Ben Viljoen afskeid geneem van drie matriekleerlinge wat in ’n motorongeluk gesterf het.
Die ongeluk het Saterdagoggend tussen 01:00 en 02:00 op die N2 in die rigting van George plaasgevind, sowat 1km van die Maalgate-brug.
JG Greyling, Stiaan Grobler en Conrad Meiring (almal 18) was Saterdagoggend op pad na hul matriekvakansie in Hartenbos toe die ongeluk plaasgevind het. ’n Vierde insittende, wat tans anoniem is, het die ongeluk oorleef.
Lees ook: Skoolgemeenskap in rou gedompel met dood van drie matrieks
’n Kranslegging is by die skool gehou.
Verteenwoordigers van Limpopo se Departement van Onderwys, plaaslike onderwysers, leerders, oud leerlinge en ander gemeenskapslede het die geleentheid bygewoon.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
