Vrou pleit om hulp na mense, honde deur vloed vasgekeer word
Swaar reën het veroorsaak dat twee mense vasgekeer was in ’n huis langs die Elandsrivier wat tans in vloed is.
Judy Eloff van Kiepersol Gastehuis in Waterval Onder sê dat sy dadelik begin planne maak het toe sy hoor van die vloed by Machadodorp. “Ek het geweet ek het so uur voor die water hier is,” het me. Eloff gesê.
Sy kon egter nie betyds haar swaer Hendrik Eloff en skoonma Helen Eloff waarsku van die gevaar nie. In ’n stemboodskap vra sy benoud vir hulp om haar skoonma, swaer en hul honde uit die huis wat sy die ‘rivier huis’ noem, te ontruim.

Me. Elof het aan www.mobserver.co.za gesê dat daar intussen mense opgedaag het om haar te help om haar geliefdes en hul honde na veiligheid te bring. Sy het haar skoonma met haar vierwiel motorfiets na veiligheid gery.
Sy sê dat Graham en Tamlyn Dell en Johan Esterhuizen haar te hulp gesnel het.
In ’n video hoor mens hoe ’n man bid “Here U bepaal die grens van die waters” terwyl hy die rivier in vloed afneem.
