News

Middelburgdam styg en styg en styg….

Met tot 156mm reën wat die afgelope week in en om Middelburg geval het, het ons dam ook baie water gekry. Verlede Woensdag het die vlak op 77.79% gestaan, gister was hy al op 87.35% en vanoggend het hy gestyg tot op 91.94%. Damopsigter David Nonyana sê die kompensasieklep is reeds oop op 15% en …

Met tot 156mm reën wat die afgelope week in en om Middelburg geval het, het ons dam ook baie water gekry.

Verlede Woensdag het die vlak op 77.79% gestaan, gister was hy al op 87.35% en vanoggend het hy gestyg tot op 91.94%.

Damopsigter David Nonyana sê die kompensasieklep is reeds oop op 15% en sal hulle die inloop fyn dophou.

Die kompensasieklep sal groter oopgemaak word, sou dit nodig wees en eers as die klep nie meer die inloop kan hanteer nie, sal gekyk word om die sluise oop te maak.

Die weervoorspelling het egter nog baie reën voorspel en glo almal dat ten minste een sluis oor die naweek oopgemaak sal word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button