News

Storm se massas water breek damwalle

Die geweldige reën- en haelstorm Dinsdag in die Belfast en Machadodorp omgewing het ’n spruit in ’n siedende rivier verander en twee damwalle laat breek.

Op ’n video kan ’n mens sien hoe breed die stroom in ’n rivier verander het.

Me. Henriëtte Pieterse sê die storm het omstreeks 11:00 uitgebreek en het die massiewe rivier water om ongeveer 11:47 deur die Anford Gasteplaas (sowat 13km anderkant Belfast op die Machadodorppad) gedruis.

Tydens die storm het die water vanaf die fontein en klein spruitjie oorkant die N4, wat gewoonlik onderdeur die N4 loop, dwars oor die N4 gespoel en deurgestroom na Rolling Hills.

In die proses is sowat 250m van die heining tussen Rolling Hills en Anford saamgesleep (Dit staan algemeen in die omgewing bekend as die “drie dammetjies” se area.)

Die massas water het deur die damme en oor die waterval op die plaas gespoel en die laaste dam se wal op Anford gebreek. In hierdie selfde tyd is die pad anderkant Dalmanutha toegemaak, omdat ’n breë stroom water oor die pad gespoel het.

Weens die reën het die grondpaaie in ’n nagmerrie ontaard en het talle voertuie op die Winnaarspoortpad vasgeval.

Me. Pieterse het gemeld dat dit tans ’n groot uitdaging is om met ’n voertuig te ry in hierdie hele area, aangesien daar ook padwerke is op die N4 met ’n klipbrekery, waar klip vir die pad uitgehaal en fyngemaak word.

•By die nabye Milly ‘s het die water ook amok gemaak en was die grondvloere van die chalets op die plaas heeltemal oorstroom. Na die storm het net die boonste gedeelte van ’n paar van die chalets uitgesteek.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button