News

Rowers hou jong man aan met panga

Drie rowers het vanmiddag ’n jong man met 'n panga aangehou en van sy selfoon beroof.

Die voorval het kort na 16:00 op die hoek van Helen Joseph en Colleystraat (Dennesig) plaasgevind.

Volgens die boodskap wat op noodgroepe rondgestuur is, het die groep hom oorval, met die panga gedreig en sy selfoon en beursie geroof.

Minute later het ‘n vrou op dieselfde groep laat weet dat drie mans, wat die beskrywing pas, voor haar huis verby geloop het in Helen Josephstraat.

Een van hulle het ‘n lang ding, wat moontlik die panga kan wees, rondgeswaai.

Lede van onder andere die Noodroep Radiogroep Sektor 3 het soontoe gejaag, maar die rowers was reeds skoonveld.

Twee van die mans het swart hemde gedra, een het ‘n rugsak by hom gehad en twee het ook swart hoedjies opgehad.

*Kort daarna het ‘n vrou laat weet dat daar vanoggend in die vroeë oggendure ook honde in Harry Gwala vergiftig is

*Die rooftog volg net etlike weke nadat ‘n jong man in Njalastraat teen skemerdonker ontvoer is.

Sy aanvallers het hom met ‘n wapen oor die kop geslaan en later in Mhluzi afgelaai. Daar is vir hom gesê hy moet hardloop, hulle gaan hom skiet.

Hy het die nag ingehardloop en is deur vroue gehelp wat hom Mhluzi polisiestasie toe gevat het.

*’n Paar dae later is ’n man en vrou van hulle selfone beroof toe hulle omstreeks 21:00 gaan stap het in Njalastraat.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button