News

Slaggate lewensgevaarlik by Pullenshope

Slaggate van tot 1.4m breed maak die pad waar jy indraai vanaf die N11 na Pullenshope lewensgevaarlik.

“Vra jy by die Provinsiale Paaiedepartement wie se verantwoordelik dit is, dan word gesê dit is die Steve Tshwete Munisipaliteit se probleem.

Vra jy vir die raadslid wat hulle gaan doen, dan word gesê dit is nie provinsie se probleem. Intussen kan daar ernstige ongelukke plaasvind en mense ernstig beseer word. Wie gaan dan verantwoording doen daarvoor!” het een van die GPF-lede uitgeroep.

Die gemeenskapspolisiëringsforum het Saterdag op hul Pullenshope Zello groep gewaarsku dat mense versigtig moes wees as hulle die pad gebruik, nadat ’n Mini Cooper ernstige skade opgedoen het.

Die voertuig het ’n slaggat getref en erge skade aan sy onderstel opgedoen. Reën op die pad het sig belemmer en boonop kon ’n mens nie die reuse slaggate sien nie, aangesien dit met water gevul was.

Na die voorval het die GPF geel plastiek versperrings gaan opsit. Me. Sonja van der Merwe (van Eskom sekuriteit) het die GPF gehelp om nog ’n versperring op te sit, waarop weerkaatsband geplak is.

 

Rhudi en Anton by die plastiek versperrings wat hulle opgesit het.

Hulle het gehoop motoriste sal ag slaan op die waarskuwings, maar twee dae later is hulle laat weet dat die plastiek versperrings stukkend gery is. Die hele pad vanaf waar ’n mens afdraai vanaf die N11 tot by die dorp is ’n nagmerrie.

“Die pad is al vir meer as drie maande vol slaggate en met elke reënbui word dit net erger! Buiten dat mense nou moet uitdraai vir die geel versperborde, moet hulle ook uitswaai in die aankomende verkeer in, anders is daar erge skade aan hul voertuie weens gate.”

 

 

 

 

 

 

 

 

Die hele GPF-groep is dit eens dat die pad “’n ongeluk is wat wag om te gebeur want dit raak nou byna heeltemal onbegaanbaar!”

•Die lede van die GPF het foto’s vir www.mobserver.co.za gestuur waar hulle van die gate met ’n maatband gemeet het. Een van die gate was 1.4 meter breed!

 

Dié gat is 1.4m breed.

 

*Www.mobserver.co.za het betroubaar verneem dat kontrakteurs van die Nkangala Departement van Openbare Werke, Paaie en Vervoer wel sowat drie maande gelede werk aan die pad probeer doen het, maar dat hulle geïntimideer is en werk laat vaar is.

Die Pullenshope GPF het gesê dat hulle die kwessie sal bespreek rondom die veiligheid van die werkers en op watter manier hulle die werkers kan bystaan. Ongelukkig werk die meeste van die lede voltyds bedags.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button