News

Charles is Stasiemeester Uitdaag burger-eet kampioen

Charles Meyer is tans die Stasiemeester Uitdaag burger-eet kampioen!

Hy en Johan Janse van Rensburg (wat aan die stuur van sake staan by die stasie) het mekaar die stryd aangesê in die kompetisie.

Charles het die kompetisie gewen in ’n tyd van 18 minute en 14 sekondes. Johan kon nie die bielie van ’n burger opgeëet kry nie.

Ná die kompetisie was altwee se fut uit. Johan het op die perronbankie gaan lê en Charles het sommer op ’n bank in die koffiehuis aan die slaap geraak.

*Ons dorp se gróót eters word uitgedaag om hierdie monster burger te kom eet.

Johan sê in Desembermaand kry enige persoon wat die burger onder sewe minute heeltemal kan opeet, sy hamburger verniet!

*Elke keer wat ’n persoon die hamburger in ’n korter tyd as die kampioen op daardie stadium kan opeet, sal hy ’n sertifikaat ontvang en sy foto in die Stoom Pub & Grill opgehang word.

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button