News

Ma sterf, kleuters beseer in N4 ongeluk

’n Vrou is opslag dood en haar twee kleuters beseer in ’n ongeluk omstreeks 05:00 vanoggend op die N4, net na die Vandyksdrift afrit.

Die bestuurder van die Hyundai I20 het op die toneel gesê dat hy nie die sleepwa, wat gesleep is deur ’n Quantum bussie, in die mis en reën gesien het nie.

Die Hyundai het die sleepwa getref en die vrou, wat agter gesit het, is op die toneel dood.

Twee kleuters, tussen die ouderdom van twee en vier jaar, asook twee mans wat in die voertuig was, is per ambulans hospitaal toe geneem.

•Ambulanse, die brandweer, polisie, noodgroepe, verkeer en insleepdienste het die naweek letterlik van ongeluk na ongeluk gejaag.

Buiten verskeie ongelukke waar daar geen beserings was nie, is talle mense ernstig beseer en het nog twee mense in ongelukke gesterf.

•Omstreeks 17:35 gistermiddag is ’n agtjarige seun, sy pa, asook die bestuurder van ’n taxi beseer in ’n ongeluk op die hoek van Samora Machel- en Hoogstraat.

Die Polo Vivo waarin ’n man en sy agtjarige seun beseer is in ’n ongeluk gistermiddag op die hoek van Samora Machel- en Hoogstraat.

Na wat verneem word het ’n Polo Vivo, waarin die man en sy kind was, en die taxi mekaar in die kruising getref. Met die impak van die slag het die taxi op sy sy beland.

Die taxi het met die impak op sy sy beland. Die bestuurder van die taxi is hospitaal toe geneem.

Aldrie die beseerdes is per ambulans hospitaal toe geneem.

•Twee mense is dood in ’n ongeluk gisteraand omstreeks 19:00 op die Stoffberpad. Die presiese omstandighede van die ongeluk is nog nie bekend nie.

•Vier mense is per ambulans hospitaal toe geneem na ’n trompop botsing omstreeks 02:40 vanoggend op die Arnotpad, sowat twee kilometer vanaf die N4.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button