News

Oud-polisieman na kort siekbed oorlede

Willem Pretorius (61), ’n welbekende oud-polisieman, wat tot en met sy aftrede twee jaar gelede speuropleiding gedoen het, is na ’n kort siekbed op 9 Desember aan kanker oorlede.

Boodskappe van simpatie het van regoor die land begin instroom na sy afsterwe, aangesien hy regdeur die land opleiding gedoen het.

Sy beste vriend van meer as 20 jaar, Dolf Joubert, het lank saam met hom by die polisie se Mpumalanga speuropleiding gewerk, wat in Middelburg gesetel was.

“Willem was ’n kundige in sy gebied en ’n meester in sy klas. Almal het sy aanbiedinge geniet.” Mnr. Joubert het vertel van sy vriend se opgeruimde geaardheid en hoe hy altyd gereed was met ’n grappie.

Sy vrou, Annatjie, en kinders Kristo, Kathy, Lisa en Walter onthou hom as ’n man van sy woord.

•’n Spesiale lofdiens word Donderdag om 11:00 uit die Middelburg Baptist Church gehou om sy lewe te herdenk.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button