News

Noodroep Radiogroep se kersvader en elfies bring lekkers!

Die Noodroep Radiogroep Sektor 3 se kersvader en elfies gaan die kinders vanaand en more-aand met lekkergoedpakkies bederf.

Hulle sal in ’n konvooi beweeg en ouers kan die kleingoed vanaf 17:00 laat uitgaan om hul pakkies te kry.

Vooraan die konvooi sal die tuk-tuk driewiel gesien kan word met ’n kersboom agterop, waarna hulle beslis nie vir kersvader en die elfies in die konvooi sal mis nie.

‘Elfie’ Marnus Uys wat gaan help om die lekkergoed uit te deel.

Vanaand tussen 17:00 en 21:00 sal die kinders van Groenkol, Suid, Sentraal en Mineralia bederf word.

Dieselfde tyd more-aand word pakkies uitgedeel vir die kinders van Aerorand, Clubville en Gholfsig.

•Die groep sal van ver af gehoor kan word, want DJ Heinrich Venter sal sorg vir vrolike kersmusiek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button