Bekende Middelburg inwoner oorlede
Philip Nel (83) was onderweg na sy kleinseun se troue toe hy gesondheid ingegee het en hy na die Wilgers Hospitaal gehaas is.
’n Bekende Middelburg inwoner is Vrydag, 17 Desember, oorlede.
Philip Nel (83) was onderweg na sy kleinseun se troue toe hy gesondheid ingegee het en hy na die Wilgers Hospitaal gehaas is. Hy is net voor middernag in die hospitaal oorlede.
Die familie was vol lof vir die Wilgers Hospitaal personeel se deernis met mnr. Nel se afsterwe.
Mnr. Nel se begrafnis vind Donderdag om 10:00 vanuit die NG Witkerk (Sentraal) plaas. Persone wat die begrafnis wil bywoon kan vir Kobus Coetser (mnr. Nel se skoonseun) kontak by 083 635 2169.
Die seremonie sal virtueel uitgesaai word vir vriende en familie wat dit nie kan bywoon nie. Hou die familie se sosiale mediablaaie dop of kontak mnr. Coetser vir die skakel.
•Lees ’n volledige huldeblyk in ons laaste gedrukte uitgawe van 24 Desember wat reeds Donderdag, 23 Desember te koop is.
