News

Families onthou ontploffing wat drie jong lewens eis

Die families en kollegas van drie jong mans, wat presies 'n jaar gelede tydens 'n ongeluk op 'n myn net buite Middelburg dood is, het vandag bymekaar gekom vir die onthulling van 'n gedenkkruis. 

Brandon Jarvis (25), Jandre Janse van Rensburg (22) en Hannes van der Walt is dood nadat ‘n petroltenk by Kego Resources se wasaanleg (die ou Polmaise Myn) ontplof het. Die myn is sowat 10 km buite Middelburg op die Belthalpad geleë.

Nog ‘n persoon, Mannecus Palmer (27) is tydens die ontploffing meters deur die lug geslinger maar het die voorval oorleef.

Die families van Brandon Jarvis en Jandre Janse van Rensburg by die kruis.

‘n Reuse houtkruis met die slagoffers se name op is vandag onthul tydens ‘n intieme seremonie waar ‘n handjievol familielede, verteenwoordigers van die myn en kollegas bymekaar gekom het.

Rodney Seale het vir die familie woorde van vertroosting gebring.

Hannes van der Walt se vrou en kinders kon nie die seremonie bywoon nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button