News

Moenie giftige slange self probeer vang nie!

Die Middelburg Herpetologiese Vereniging vra dat mense nie slange moet doodmaak nie, maar hulle moet bel om die slang te verwyder.

 

Hulle het die afgelope tyd talle slange by huise en besighede verwyder en later weer in die omgewing losgelaat.

Persone wat nie seker is watter slang dit is nie, moet nie self ‘n slang probeer vang nie. Plaas eerder ‘n pyp (wat toe is aan eenkant) of emmer met koerante binne-in skuins neer, sodat die slang daar kan inkruip. Moet onder geen omstandighede met jou kaal hande ‘n slang probeer vang nie.

Die giftige slange in ons omgewing waarvoor mense versigtig moet wees, sluit in:

•Die sypikslang, ook die Bibron of Stiletto genoem, kom algemeen hier voor, Hy word soms verwar met bruin huisslange en waterslange.

Hierdie slang se tande is buite sy kop en sal beslis pik. Weens die ligging van sy tande kan jy hom nie agter die kop vang nie en is uiters gevaarlik.
‘n Stiletto se gif is sitotoksies en veroorsaak erge pyn en swelling.

Daar is geen antiserum vir dié slang se gif beskikbaar nie en behandeling is simptomaties.

•Die pofadder pik vinniger as wat jy jou oog kan knip. Gif is uiters sitotoksies en dit voel asof jy jou ledemaat in kookolie druk wanneer dié slang jou pik. Weefselskade tree dadelik in en moet ‘n pasiënt binne ‘n uur behandeling kry.

•Die rinkhals se gif is neurotoksies (dominant) én sitotoksies. ‘n Rinkhalsbyt kan tot 72 uur neem voordat die pasiënt ernstige simptome begin wys.

Hierdie slang kan soms maak of hy dood is. Hy is dan op sy gevaarlikste, want as jy hom optel, sál hy byt.

•Die Mosambiekse spoegkobra is ‘n uiters giftige slang en kom al hoe meer in ons omgewing voor.
Gif is neuro- en sitotoksies en in 70% gevalle moet mense veloorplantings kry na dié slang se byt.

•Die dodelike swartmamba, wat eintlik in bosveldgebiede voorkom, het al ’n paar keer sy opwagting in die Middelburg omgewing gemaak en is deur lede van die vereniging gevang.

•Vir navrae oor die Herpetologiese Vereniging of om slange te verwyder, bel enige van die volgende lede: Victor Boshoff 082 697 9954, Mark Salzwedel 082 898 5242 of Stoney Steenkamp 082 303 9935.

•Mnr. Boshoff kan ook spinnekopbyte identifiseer en raadgee oor wat om te doen wanneer ’n spinnekop jou byt. Neem net die bytplek af en Whatsapp die foto vir hom.

•Die Middelburg Herpetologiese Vereniging is deel van die LimPuma Herpetologiese Vereniging wat Limpopo en Mpumalanga insluit.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button