Ouklip wys hul slag by Oja kookkompetisie
Ouklip VLU het hul lede geluk gewens, wat nie net die meeste inskrywings gehad het by die Oja kookkompetisie met soja nie, maar ook talle pryse gewen het.
Ouklip VLU het hul lede geluk gewens, wat nie net die meeste inskrywings gehad het by die Oja kookkompetisie met soja nie, maar ook talle pryse gewen het.
Elke lid wat deelgeneem het aan die kompetisie het ’n prys gewen.
Ria Roets: toekenning vir mees kreatiewe in die afdeling vir diabetiese geregte.
Dawn van Baalen: eerste hoofgereg Mousaka.
Ri-eth Roos: eerste gebak – suurmelk en dadelkoek.
Nesia de Beer: eerste voorgereg – persvy, gorgonzol en sojaneut, asook toekenning vir die beste aanbieding in geheel.
Lientjie Scholtz: tweede preservering – peer blatjang.
Adelle Els: eerste gebak – sjokolade skyfie (choc chip) koekies en tweede nagereg – sjokolade Brownies.
Anphia Grobler: eerste nagereg – droom nagereg, asook tweede voorgereg – ertjie en sojasop.