News

Sentrum vir haweloses fluks aan die groei

Die New Life Sentrum wat reeds 13 haweloses onder hul dak huisves, is besig om van die grond af op te staan.

Die Middelburg gemeenskap stel natuurlik weer nie teleur nie en is besig om die hierdie sentrum, wat voorheen as die kibboets bekend gestaan het, op sy voete te help.

Mnr. Luke Belcher, wat aan die stuur van die sentrum staan,  het sy dankbaarheid uitgespreek teenoor elke persoon wat hul harte oopgemaak het vir dié sentrum.

Hy bedank graag die volgende persone en instansies, wat in die laaste drie weke ruim skenkings gemaak het:

•Me. Rachel Kies wat dakteëls en pype geskenk het.

•Rozllin Cousins en Henry Brits (van Almal Help Almal Vlerke) vir kos, die kuikens en twee varkies.

•Izimbiwa/Glencore Myn wat ook kos vir inwoners van die sentrum geskenk het.

•Me. Hannelie Walsh vir die marog- en patatplante.

•Die anonieme persoon wat 10 hoenders geskenk het.

•Die span wat besig is om die ou rioolpype uit te grawe en te vervang met nuwes, sodat hulle een van die dae weer spoeltoilette kan hê.

 

Die kibboets het met die jare heeltemal verval omdat dit nie in stand gehou is nie.

Mnr Belcher sê hulle moet alles van die grond af weer herbou en regmaak.

Enige skenkings is welkom.
Van beddegoed tot kos (veral nie-bederfbaar), tot boumateriaal, groentesaad en plantjies, borg van gas (daar is geen krag nie), verf, en tuintoerusting.

Hulle het pas met ’n klein hoenderboerdery begin en is mense ook welkom om hoenderkos te skenk.
Letterlik enigiets wat in jou pad staan kan hulle nuttig gebruik.

Die plan is om later selfversorgend te wees.

Die sentrum is spesifiek vir mense wat alles in die lewe verloor het.

•Persone en besighede wat die sentrum wil ondersteun, kan mnr. Belcher bel by 072 632 4429.

•Geen dwelmverslaafdes word toegelaat nie.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button