News

Drieling vir Middelburg

Middelburg is 'n drieling ryker! 

Die babas se ma, Vicky de Meyer, het vlugtig met www.mobserver.co.za vanuit haar hospitaalbed in die Steve Biko Hospitaal in Pretoria gepraat.

Mathys de Meyer

Sy het gesê dat die drieling gister met ‘n keisersnit gebore is. Sy en haar man Marco is twee seuns en ‘n dogtertjie ryker.

Matlyn de Meyer

Matlyn Coralee de Meyer het 1,6kg geweeg, Mathys Brody de Meyer het 1,7kg geweeg en Nicolaas Deon de Meyer, 1,5kg.

Nicolaas de Meyer

Dit gaan goed met beide ma en babas. Me De Meyer sê dat sy hopenlik more ontslaan sal word. Matlyn is nog in die intensiewe sorgeenheid en die ouerpaar sal in Pretoria vertoef tot al drie babas die groen lig kry om huistoe te gaan.

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button