News

Foto’s: Uitkyk Geloftefeesvieringe

Die Uitkyk Geloftefees is oor twee dae, 15 en 16 Desember, gehou by Hunter’s Dream.

Die perdesport is deur die bekwame Miese du Bruto gelei en het jong en ervare ruiters se ruiterkuns beproef.

Renaldo van Zyl.

Uitkyk se Geloftefees word gekenmerk deur ’n groot groep kinders wat elke jaar kom deel in feesvieringe. Die boeresport het gesorg vir groot vermaak onder die jongspan met sakspring, eiergooi en toutrek op die program.

Marius Botha en Jano van Zyl.

Die lees van die Gelofte en die terugdink aan die Voortrekkers van 1838 se benoudheid op die aand voor die Slag van Bloedrivier, het besoekers weereens laat besin oor die rede vir die jaarlikse bymekaarkoms.

Die aand is afgesluit met ’n gesellige braai en Wico Swanepoel se kitaarspel by die kampvuur.

Geloftedag het die perdekommando soos die tradisie lei, uitgery om die sprekers te gaan ontmoet voordat die Vierkleur en Voortrekkervlag gehys is.

Hennie Potgieter het feesgangers toegespreek oor die Boerevolk se oorsprong en waarom dit belangrik is dat die nageslag die Gelofte hou.

Ds. Anton Kemp van die NG Moedergemeente in Middelburg, het ’n dramatiese multimedia vertoning gehou wat in die eerste persoon, as ’n Voortrekker wat met die Slag van Bloedrivier teenwoordig was, vertel is.

Die dag is weereens met ’n gesellige braai en ete afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button