News

‘Ons is in God se hande’

Kerswense van Hennie Niemann (Voorsitter, Munisipale Openbare Rekeninge Komitee).

Hennie Niemann:

Die jaar 2021 het tot ’n einde gesnel en ons kan terugkyk na ’n jaar vol gebeurtenisse. Sommiges was goed en ander weer nie so aangenaam nie.
Talle mense het geliefdes aan die dood afgestaan en sien dalk nie eers uit na die Kerstyd sonder geliefdes nie.
Ten spyte van alles kan ons rustig wees in die wete dat ons in God se hande is en dat Hy ons deur alle moeilike tye sal dra en bystaan.
Ons wil ons inwoners ’n Geseënde Kersfees en ’n baie voorspoedige Nuwe Jaar toewens.
Mag julle die Feestyd geniet en mag 2022 vir ons almal ’n wonderlike jaar wees.
Indien julle op reis gaan wees asseblief versigtig en kom veilig terug.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Back to top button