Sanggroep bring Kersfees
Die Koppiestraat Huisprojek is een van vele tuistes wat bederf was met ’n vrolike Kerssangaand, nadat ’n gemeenskaplike sanggroep die liefde en gees van Kersfees met hulle inwoners gedeel het.

Die naamlose sanggroep het gesamentlik besluit om veral na die laaste twee jaar, mense te besoek wat alleen is of iemand aan die dood afgestaan het om ’n bietjie vreugde met hulle te deel.
Een van die sanggroeplede, Sheré Pelser, sê idee van die sanggroep is om die boodskap van vrede, liefde en die Kersfeesgees te versprei deur ons dorp.

“Ons het gesels oor Kersfees en wat die tyd vir ons beteken, veral na die afgelope twee jaar se stryd. Veral waar almal iemand verloor het, hul werk verloor het, siek of alleen is. Waar Covid ons laat twyfel het, was God nog altyd daar en te danke aan Hom, weet ons Hy is nog steeds elke dag by ons. Mandie Pelser, een van ons lede, het toe gedink, waarom kry ons nie vriende en familie bymekaar en gaan sing weer soos in die verlede by plekke en huise nie.”

Die sanggroep het intussen die volgende plekke besoek:
St. Joseph’s inwoners
Tannie Jenny en familie
Maureen, Jannie, Cora, Burger, bure en vriende
Radinka Hof inwoners
Charmaine (Wishy Washy) en familie
Vergeet My Nie
Clubville Apteek
Scarlet a Café – gereël deur Mid Hartklop vir Bloekomsig se inwoners
Leoné, Rohan en familie
Willie en familie
Koppiestraat inwoners
Huis Bethesda
Liggiehuis in Bergrivierstraat
