Veldwedloop en bergfietswedren by Buffalo Gorge
Atlete en fietsryers word uitgenooi om op 5 Februarie 2022 aan die veldwedloop en bergfietswedren (TR/MTB) in die pragtige natuurskoon by Buffalo Gorge deel te neem.

Ryk Diepraam sê om aan die veldwedlope deel te neem, het talle voordele.
Buiten die vars lug, kry atlete die voordele om hul balans, been en enkelstruktuur te versterk, daar is minder impak op hul bene en natuurlik is daar geen gevaar van verkeer nie.
Boonop verdien Discovery Vitality lede punte as hulle deelneem.

Inskrywingsgelde vir die veldwedloop- en stapreeks is as volg:
2.5km (Bobbejaanloop): R50.
6.5km (Wetland): R80.
10km (Wild Camp): R90.
18km (Avontuur vallei): R100.
25km (The Gorge): R125.
Skoolgaande atlete betaal R50, ongeag watter afdeling hulle aan deelneem.
Bergfietsreeks:
12km (Wild Camp): R75.
16km (Avontuurvallei): R80.
25km (The Gorge): R125.
R50 skoolkinders (enige afdeling).
•Atlete kan inskryf by 083 538 9586 of stuur ‘n WhatsApp na 083 528 9586 of ‘n e-pos na Info@buffalogorge.co.za.
