Komplikasies na dwelmverslawing eis lewe van jongman
Sy doringbesaaide lewenspad het hom twee maande gelede na sy ma en suster by Koppiestraat gelei waar hy onder hul wakende oog van dwelms verlos is, maar die skade was reeds gedoen.

Raul Burke (35) het ‘n harde lewe op straat gelei nadat hy en sy vrou se huwelik jare gelede verbrokkel het.
Hy het ‘n tuiste op straat gevind, en vriendskap in dwelms.
Sy doringbesaaide lewenspad het hom twee maande gelede na sy ma en suster by Koppiestraat gelei waar hy onder hul wakende oog van dwelms verlos is, maar die skade was reeds gedoen.
Sy lewer het opgepak wat tot ernstige nierversaking gelei het.
Hy het ook maagsere gehad, waarvan een gebars, en sy dood op 30 Desember veroorsaak het.
Hy was sedert 29 Desember in die hospitaal maar die problematiese maagseer is volgens sy suster, Elizabeth Dannhauser, met medikasie waarmee hy behandel is vererger.
Elizabeth en haar ma, Anne (72), woon beide by Koppiestraat waar Raul tot sy dood toe deur hulle versorg is.
Hulle het reeds R1000 van ‘n nodige R10 000 ingesamel om Raul ‘n gepaste afskeid met ‘n begrafnis te gee.
Die bedroefde ma en dogter reik nou uit na die gemeenskap vir hulp sodat Raul ter rustê gele kan word.
Daar word nog R9000 benodig.
Donasies kan direk gemaak word by Koppiestraat, of inbetaal word by die behuisingsprojek se FNB rekening met nommer 62820010784, en deposito verwysing Raul Burke.
Me. Olga Smith, Koppiestraat bestuurder, kan geskakel word by 076 522 2844 vir verdere navrae.
