News

Verdagte in aanhouding vir Zonnebloem plaasaanval

’n Verdagte is in die vroeë oggendure aangekeer in verband met die gewapende roof op die plaas Zonnebloem in die Middelburg distrik.

Gewapende mans het op 26 Desember 2021 op die plaas toegesak en sowat R3 miljoen se goedere gesteel, waaronder twee bakkies en twee sleepwaens.

Die eienaar van die plaas, Gideon Anderson, was ten tyde van die aanval op ’n ander plaas in Limpopo.

Lees ook: Ses gewapende mans slaan toe op plaas – kyk uit vir gesteelde bakkies

Die polisie het daarin geslaag om van die geroofde goedere vroeër die week op ’n kleinhoewe in eMalahleni, ’n perseel in Middelburg en nog ’n perseel in Mhluzi teruggevind.

Die eiendomme behoort almal aan dieselfde persoon, wat die polisie op sy spoor gesit het.

Lees ook: Deurbraak in Zonnebloem strooptog

Daar is intussen nog ’n platbak-sleepwa, wat na bewering tydens ’n rooftog op 22 Desember by ’n besigheid in die Middelburg industriële gebied gesteel is, teruggevind op dieselfde kleinhoewe in eMalahleni.

’n Man wat die polisie glo verband hou met die rooftogte, is vanoggend aangekeer en tans in aanhouding.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button