News

Malinga tronk toe nadat hy jong ma doodry

Die Middelburg streekhof het Khumbulani Malinga minute gelede agt jaar gevangenisstraf opgelê.

Hy sal effektief vyf jaar tronkstraf uitdien, nadat landdros Andreas Masteroudes drie jaar van die algehele agt jaar, opgeskort het vir vier jaar.

Sy bestuurderslisensie is ook vir 12 maande opgeskort, nadat hy me. Liezel Visagie op 23 Maart 2019 in die McDonald’s kruising van Cowen Ntuli- en Lilian Ngoyistraat voor haar tienerdogter dood gery het, ten tye van ’n hoëspoed jaagtog met plaaslike verkeersmanne.

Me. Visagie se een been is by die knie in die botsing afgeruk en in ’n nabygeleë motorhandelaar se vertoonvloer opgetel.
Me. Visagie kon haar tienerdogter net betyds uir die pad stamp, voordat sy getref is.

Die toneel waar me. Liezel Visagie voor haar tienerdogter deur Malinga dood gery is.

Die hof het telkemaal na ander soortgelyke strafbare manslag sake verwys, en gesê dat swaar strawwe, van tussen 12 maande en vyf jaar gevangenisstraf in elk opgelê is weens “een gebaar van nalatigheid”.

In Malinga se geval was dit “vier gebare van growwe nalatigheid” nadat hy vier verkeersligte verontagsaam het, terwyl hy vir verkeersmanne om 10:00 wegjaag.
Hy het in sy eie belang, sonder enige of die publiek se veiligheid, vir die verkeersmanne probeer wegjaag, het landdros Masteroudes gesê.

Malinga, wat met ’n rooi lap om sy kop gedrapeer in die beskuldigdebank ingeskuif het, was verstom oor die vonnis wat eers deur sy regsverteenwoordiger aan hom verduidelik is, voordat ’n tolk gevra is om die vonnis vir hom uit te spel.

Hy het dadelik gesê hy wil appelleer maar sy regsverteenwoordiger het nie ’n onmiddellike aansoek gebring nie, en wil eers met sy familie konsulteer.

Familie van Malinga was nie self in die hof nie, maar het ’n getikte brief aan die hof gerig waarin hulle simpatie teenoor me. Visagie se familie betuig het.

Landdros Masteroudes het egter Malinga se eie berou oor die voorval in twyfel getrek, en bevind dat hy twee jaar na die voorval, met die opstel van sy korrektiewe verslag, steeds sy skuld probeer afmaak het as ’n oomblik van blote nalatigheid.

Kumbulani Malinga.

Me. Visagie se ma, Marie, en suster Marelize het beide hardop regdeur vandag se hofverrigtinge gehuil.
Beide was ook baie verlig dat die saak uiteindelik tot ’n einde gekom het.

Die staat se saak is deur die bekwame aanklaer, Anel Nienaber, behartig.

Nienaber het in slotbetoeë gesê dat Malinga nie bloot sy oog van die pad gehaal het om die radiostasie te verander nie, maar willens en wetens vir verkeersmanne weggejaag het.

Malinga het die heeltyd die rooi doek om sy kop teen sy gesig en kop gevryf, en vandag ook vir die eerste maal met ’n bril by die hof opgedaag.
Hy het deurentyd sy kop geskud soos landdros Masteroudes die meriete van die vonnis bespreek het.

Malinga het in Oktober verlede jaar skuldig gepleit op een klag van strafbare manslag.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button