News

Stille skok na jong man op stoep sterf

Haweloses en dwelmverslaafdes het vanoggend stil gestaar na die liggaam van ’n jong man op die stoep by die Cresta Sentrum in Walter Sisulustraat.

Me. Judy van Deventer (Leef Liefde organisasie) sê ’n stille skok was voelbaar.

Sy is omstreeks 08:00 na die Leef Liefde winkel om vir die minderbevoorregte mense, waaronder dwelmverslaafdes, kos te gee, toe sy die polisievoertuie by die sentrum sien.

“Die man wat gesterf en hulle onder ’n kombers toegegooi het, het gereeld daar op die stoep geslaap.”

Me. Van Deventer het gesien daar is jong mans, waarvan ’n hele paar dwelmverslaafdes, wat erg geskok was.

“Ek het vir die verslaafdes gesê dat hulle ook so gaan sterf as hulle aangaan met hul heroïnegebruik. Ek glo die Here het hierdie geleentheid gebruik sodat ek met hulle kon praat. Die dwelmverkopers gee nie om vir die jongmense se lewens nie. Dit is hoe die duiwel steel en verwoes, maar dit is steeds elke dwelmgebruiker se keuse of hy wil gaan vir hulp of nie.”

•Die oorledene se naam is bekend aan die joernalis, maar mag nie op hierdie stadium bekend gemaak word nie, omdat hy nog nie deur sy familie uitgeken is nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button