News

Dief hol weg toe hy met wiele asdrom en kragopwekker betrap word

’n Dief het die hasepad gekies toe hy Sondagoggend om 05:30 in Colleystraat (Dennesig) betrap is met ’n wiele asdrom met ’n kragopwekker daarin.

Mnr. Stef Jansen van Vuuren sê hy het oopgesluit vir sy seun om te vertrek, toe hy ’n man sien wat met die wiele asdrom (Wheelie Bin) opstap in die straat.

Dit was vir hom vreemd dat iemand op ’n Sondagoggend daarmee rondloop en het die man gestop en daaroor uitgevra.
Hy het egter net gebrom en in ’n ander rigting beduie.

Mnr. Jansen van Vuuren het die wiele asdrom se deksel oopgemaak, maar die booswig het dit aggressief toegeslaan.
In die breukdeel van ’n sekonde wat hy kon inkyk in die asdrom, het mnr. Jansen van Vuuren ’n kragopwekker gesien.

Mnr. Jansen van Vuuren het na sy huis se kant toe geskree: “bel gou!” waarop die dief omgespring en begin hardloop het.

“Ek het gesien hoe hy oor Bullerstraat hardloop en die veld in verdwyn.”

Mnr. Jansen van Vuuren sê die wiele asdrom behoort aan mense in Olienhoutstraat 25 en dat hy al ’n paar keer daaar was. “Ek het die toeter gedruk en geroep, maar niemand kom uit nie.”

Die eienaar van die kragopwekker is ook nog nie opgespoor nie.

Hy het verneem dat mense in Kareestraat se kragopwekker gesteel is, maar mnr. Tiny Louw (voorsitter, Sektor 4 Radiogroep) sê dit is nie die mense wie hulle gedink het se kragopwekker is gesteel nie.

“Daar is mense se kragopwekker uit hul motorhuis gesteel, maar die boewe het dit net gedra tot by die hek en weg gehol.”

As enigiemand ’n kragopwekker vermis, kan hulle mnr. Jansen van Vuuren bel by 082 971 4875. Die persoon wat die kragopwekker opeis, moet dit beskryf.

•Inwoners van Kanonkop en Dennesig wat meer inligting verlang rakende die Sektor 4 Radiogroep kan mnr. Louw bel by 071 227 5491.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button