News
Tregterwolk vanaf N4 gesien
'n Motoris op die N4 het vanmiddag 'n tregterwolk in die lug gesien.

Die swaar wolke het dadelik me. Maryna Combrinck se aandag getrek en het sy dit uit die hoek van haar oog dopgehou.
Omstreeks 14:50 het sy skielik die tregter in die wolke opgemerk.
Sy het haar selfoon uitgepluk en die tregter afgeneem.
Me. Combrinck het die afrit na die N11 (Hendrinapad) gevat en na aanleiding van die afstand wat sy dit in die wolke gesien het, glo sy dat die tregter naby die Alzu Petroport was.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
