News

Huldeblyk vir Willie

Die hoof van Laerskool Middelburg, mnr. Gerrie van der Merwe, het 'n spesiale huldeblyk ter nagedagtenis aan mnr. Willie Dique namens die Koedoekoppe geskryf.

“Vandag moet ons met groot hartseer een van ons Koedoekop kollegas en groot vriend groet…Willie is in die vroeë oggendure stil in sy slaap oorlede.

Willie was vir die afgelope 18 jaar een van die adjunkhoofde by sy geliefde skool. ‘n Groot gees, wat kollegas, ouers en leerders gaan onthou vir sy kwinkslae en bereidwilligheid om almal te help met blink in die oog en ‘n praktiese plan of twee.

Sy laggie gaan nog lank weerklink in die kantoor se gange.

As kollega en vriend kon ons altyd hard saam werk, lag, saam huil as ons moes en lekker saam braai en eet.

Met sy sterk, eerlike persoonlikheid het jy altyd presies geweet waar jy met hom staan.

Vir die leerlinge, wat hy elkeen op die naam geken het, was ‘meneer Willie’ die een wat hulle met ‘n sêdinq of twee op die regte pad gehelp het.

Die vergaderings, personeelkamer, stoepe en sportvelde gaan stil en leeg voel sonder dié merkwaardige man.

Ons harte is stukkend, maar ons sal al hierdie mooi herinneringe met ons saam dra.

Mag God aan sy drie pragtige dogters, vir wie hy geleef het, asook sy familie en vriende, die nodige vrede en kalmte gee om Sy wil van gee en neem te aanvaar.

Willie my ou maat, ons groet jou.

Rus sag tot ons mekaar weer eendag sien.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Caxton Reporter

Caxton Local Media’s readership remains the highest in the communities that it serves. The group has 123 newspapers with representation in the majority of provinces across the country and over 60 community news websites.
Back to top button