News
Laerskool Middelburg se geliefde adjunkhoof, Willie Dique, oorlede
Willie Dique, wat vir jare die adjunkhoof was by Laerskool Middelburg, is in sy slaap oorlede.
Sy dogter, Chantelize het ‘n boodskap op Facebook geplaas om almal in kennis gestel dat haar pa oorlede is.
“Pappa was rustig en is in sy slaap oorlede. Baie dankie vir almal se bystand en liefde deur hierdie tyd.”
Almal sal die vrolike Willie met ‘n warm hart onthou, nie net vir sy spontane geaardheid nie, maar ook vir sy besondere liefde vir die kinders waarmee hy elke dag gewerk het.
Hy was altyd gereed met ‘n grappie en sy profielfoto, wat steeds op sy WhatsApp is, wys hoe hy prettig met alles om hom meegemaak het. Die foto is op sy 60ste verjaardag geneem.
*Mnr. Dique het in Mei 2021 ‘n beroerte gehad.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
