Tregterwolk ook vanaf Middelburg gesien
Talle mense het gister die tregterwolk vanaf die N4 gesien en een persoon het hom ook van Middelburg se kant af gesien.

Me. Maryna Combrinck was gister die eerste persoon wat foto’s van die tregterwolk geneem het.
Gisteraand en vanoggend het verskeie mense laat weet dat hulle ook die tregterwolk opgemerk het op die N4 buite Middelburg.

Mnr. Herman van Rensburg was gister by Athlonedam en sê hy het ook die tregterwolk gesien.
“Dis die eerste keer in my lewe dat ek so iets sien!”

Me. Barbara Duminey het ook foto’s en videos van die tregterwolk uit haar voertuig geneem op die N11 vanaf Pullenshope oppad na Middelburg toe.

*Sello Mononyane het op Facebook gesê dat hy die tregterwolk omstreeks 12:30 in Delmas gesien het.
*Yusuf Zeea MoJoe sê dit is die derde een wat hy in vyf jaar in Middelburg sien. “Ek raak nou bekommerd!”
*Www.mobserver.co.za publiseer graag nog ‘n paar foto’s wat lesers ingestuur het.
