News

Vermeende dief geskiet, sekuriteitsbeampte aangekla van moord

’n Sekuriteitsbeampte van WIPS (Wildlife Investigation and Protection Services) is aangekla vir moord, nadat ’n man, wat vermoedelik druiwe op ’n plaas op die N11 gesteel het, doodgeskiet is.

Dié voorval het Sondagoggend, 9 Januarie, omstreeks 05:00 plaasgevind.

Volgens mnr. Piet Groenewald (WIPS) het hul inligting ontvang van ’n informant dat diewe op ’n plaas op die N11 druiwe gaan steel en dat die sekuriteitsbeamptes versigtig moet wees, aangesien die diewe gewapen is.

“Die sekuriteitsbeamptes het die diewe deur verskeie plase gejaag. Na verskeie ure wat die diewe oor die plase gejaag is, het die sekuriteitsbeampte besef dat hierdie diewe gaan terugkeer pad toe, waar hul opgelaai sal word.”

Mnr. Stephan Greeff het langs die pad gaan wag en ’n wit Nissan NP300 bakkie gesien, wat voorheen betrokke was by verskeie diefstalle op plase in die Vallei, hy het die bakkie agterna gesit en langs die bakkie ingetrek.

“Die verdagte het ’n vuurwapen op Stephan gerig, waarna hy reageer het en twee skote gevuur het op die bakkie,” sê mnr. Groenewald.

Volgens kaptein Stanley Magaela, polisiewoordvoerder het die een koeël deur die bestuurder se venster gegaan en die verdagte aan die regterkant van die kop getref.

Mnr. Greeff het dadelik noodpersoneel na die toneel ontbied. Paramedici het die verdagte op die toneel probeer stabiliseer, maar die verdagte het aan sy besering beswyk.

“Die ander koeël het die bakkie voor aan die regterkant, net voor die bestuurder se deur, getref,” sê kaptein Magaela.

Die polisie het ook ’n vuurwapen in die oorledene se besit gevind en die magasyn was leeg.

Kaptein Magaela sê dat die oorledene se naam en van nie bekend is nie, maar dat hy net geken is as Tinashe, ’n burger van Zimbabwe.

Mnr. Greeff het Maandag in die Groblersdal Landdroshof verskyn op aanklag van moord. Hy het borg van R10 000 ontvang en die saak is uitgestel na 2 Maart vir verdere polisie ondersoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button