KYK: ‘Bly in die kar!’ – Mans peul by gekaapte Avanza uit
Falcon hardebaard skrik nie vir kar vol vermeende kapers nie.
Ritkameramateriaal van Kranspoort se Falcon Sekuriteit het elke oomblik van gister se hartstoppende konfrontasie met ‘n kar vol moontlike kapers digby Kranspoort-dorp opgeneem.
Twee mans het egter weggekom, en is steeds op vrye voet.
Die verdagtes is in ‘n gekaapte Toyota Avanza deur die Middelburg Dagpatrollie hierdiekant, en Falcon Sekuriteit aan Kranspoort se kant in ‘n hinderlaag gelei.
Damwal Sekurtieit het plek op die N11 buite Groblersdal ingeneem, terwyl Farmwatch-groepe van reg oor die streek, en so ver as Dullstroom ook op gereedheid geplaas is.
Die Avanza is Saterdag as gekaap, en op pad uit Belfast gerapporteer.
Die voertuig is in Groblersdal se rigting gesien ry, maar die kaping was eers ‘n uur later aangemeld, met die Avanza wat die kameras iewers op die roete ontduik het.
Die voertuig is gister op roetekameras gesien op die N11, en hulp is ingeroep.
Dit was van Doornkop na Groblersdal onderweg.
Op die beeldmateriaal kan gesien word hoe ‘n gewapende Leonardus van Vreden van Falcon Sekuriteit die Avanza nader nadat dit skielik tot stilstand kom.
Van Vreden voorspel dan dat ‘hulle gaan hardloop,’ wat twee wel gedoen het.
Hy is deur Dagpatrollie-lede bygestaan totdat die polisie opgedaag het en die mans gearresteer is.
Van Vreden sê dat dit net ‘n bewys is van hoe sekuriteitsnetwerke werk.
“Hier was ‘n paar hande betrokke,‘ sê hy.
