News

Eienaar van kragopwekker opgespoor

Die eienaar van ’n kragopwekker is opgespoor!

Mnr. Stef Jansen van Vuuren het oor die naweek laat weet dat die eienaar van die kragopwekker, wat hy in ’n gesteelde wiele-asdrom gekry het, is opgespoor.

Hy het verlede week ’n man gekonfronteer wat vroegoggend in Colleystraat (Dennesig) met ’n wiele-asdrom in die straat op gestap het, waarop die dief omgespring en gevlug het.

In die asdrom was daar ’n kragopwekker en mnr. Jansen van Vuuren het besef dat dit ook gesteel is.

Lees ook: Dief hol weg toe hy met wiele-asdrom en kragopwekker betrap word

Die asdrom is in Olienhoutstraat (Kanonkop) gesteel.

Nadat die berig op www.mobserver.co.za verskyn het, het ’n ander inwoner van Olienhoutstraat hom gekontak en gesê dat sy kragopwekker gesteel is.

“Hy het die kragopwekker baie mooi beskryf. Selfs gesê dat ek die boonste gedeelte moet afhaal, want daar het ’n part binne gebreek wat hy geplak het. Ek het binne gekyk en alles was presies soos hy gesê het.”

•Mnr. Jansen van Vuuren was al verskeie kere by Olienhoutstraat 25, waar die asdrom gesteel is, maar kon hulle nie die eienaars in die hande kry nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button