News
Jessie vanmiddag begrawe
Jessie Bhyat (22) wat na ’n erge lyding van drie maande in die Rob Ferreira Hospitaal oorlede is, is vanmiddag om 13:45 uit die PPK Kerk begrawe.
•Sy ma, Maria van der Westhuizen, het verlede week gepleit vir hulp nadat hy daar dood is en hulle nie geweet het hoe om sy oorskot in Middelburg te kry nie. Sy het dankie gesê vir die besigheid wat die kostes betaal het om hom hiernatoe te bring, sodat ’n begrafnis gereël kon word.
Lees ook: ‘Jessie is dood! Hoe kry ek sy lyk hier?’
Me. Van der Westhuizen sê ook in besonder dankie vir Susan du Plessis wat die verantwoordelikheid van die reëlings van die begrafnis op haar geneem het.
“Ek dink nie jy weet wat dit vir ons beteken nie.”
’n Woord van dank gaan verder aan elke persoon wat finansiële bydraes gelewer het vir die begrafnis.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
