Minstens ses ure nodig om kabelfout herstel te kry
Volgens Dennesig raadslid Johann Dyason, sal dit minstens ses ure neem vir die kabelfout om herstel te word.

Kanonkop en Dennesig se krag sal na verwagting eers rondom 19:00 vanaand aangeskakel word na ’n reuse kabelfout ontdek is.
Aanvanklike vrese dat sabotasie vir die kragsonderbreking sedert 03:00 vanmore verantwoordelik was, is nie waar nie is bevestig.
Raadslede het sabotasie vermoed omdat beide woongebiede se krag terselfdetyd uitgeskop het.
Die fout is egter aan ’n hoofkabel, en kontrakteurs is tans besig om die kabel te herstel.
Elders in die dorp is voortslepende sabotasie wel die oorsaak van sporadiese onderbrekings, veral in die middedorp.
Volgens Dennesig raadslid Johann Dyason, sal dit minstens ses ure neem vir die kabelfout om herstel te word.
Die krag sal na verwagting eers rondom 19:00 aangeskakel word indien daar nie ander probleme opduik nie.
“Ons versoek inwoners om asseblief geduldig te wees,” vra raadslid Dyason.
