Gebedsketting vir Middelburg dié Sondag op Gholfsig koppie
Daar sal Sondag op die koppie agter Cornerstone Kerk in Gholfsig vir die dorp gebid word.
Almal is welkom om die gebedsgeleentheid by te woon. Die gebedsketting sluit aan by ’n landswye biddag.
Plaaslik is die tema vir die dag, ’n gebed vir ’n dorp op sy knieë.
Die gebedsketting het vier doelwitte: (1) sondebelydenis en ’n gebed vir die land, sy ekonomie en sy mense wat deur Covid-19 geraak is, (2) vir breek van bindings op gemeenskappe, (3) die uitspreek van lewe en oorvloed vir Middelburg en (4) dat die Here se wil alleen sal geskied.
Daar sal van 12:00 af op die koppie agter Cornerstone gebid word.
Veilige parkering is by die kerk beskikbaar, vanwaar daar na die koppie geloop sal word.
Alle deelnemers aan die informele gebedsketting kan sy eie leiding neem in gebed.
Deelnemers word versoek om sonskerm en hoede saam te neem.
