Kry jou somerlyf weer reg met fietsry en draf in die natuur!
Kry jou somerlyfie weer terug deur gereeld te gaan fietsry en aan veldwedlope deel te neem.

Atlete en fietsryers word uitgenooi om volgende Saterdag (5 Februarie) aan die veldwedloop en bergfietswedren (TR/MTB) deel te neem in die pragtige natuurskoon van Buffalo Gorge.
Ryk Diepraam sê om aan die veldwedlope deel te neem, het talle voordele. Buiten die vars lug, kry atlete die voordele om hul balans, been en enkelstruktuur te versterk, daar is minder impak op hul bene en natuurlik is daar geen gevaar van verkeer nie.
Boonop verdien Discovery Vitality lede punte as hulle deelneem.
Inskrywingsgelde vir die veldwedloop- en stapreeks is as volg:
2.5km (Bobbejaanloop): R50.
6.5km (Wetland): R80.
10km (Wild Camp): R90.
18km (Avontuur vallei): R100.
Skoolgaande atlete betaal R50, ongeag watter afdeling hulle aan deelneem.
Bergfietsreeks: 12km (Wild Camp): R75.
16km (Avontuurvallei): R80.
25km (The Gorge): R125.
R50 skoolkinders (enige afdeling).
•Atlete kan inskryf by 083 538 9586 of stuur ’n WhatsApp na 083 528 9586 of ’n e-pos na Info@buffalogorge.co.za.
Meer inligting is ook beskikbaar op hul webtuiste by by https://mpumalanga.online/events/tr-mtb-ride-series/

