Nog ’n skool sluit weens virus
’n Tweede skool moes sluit weens ’n uitbraak van Covid-19 gevalle onder kinders en personeel.
Hoof van Kleuterskool Gansiekeur, me. Hannelie van Dam, het in ’n omsendbrief aan ouers bevestig dat vier van die skool se klasse moes sluit, vanaf Maandag tot volgende Maandag, 7 Februarie, om besmetting te bekamp.
Die sluit van Gansiekeur volg op ’n soortgelyke voorval by HTS Middelburg wat moes sluit tot more (Dinsdag) vir die selfde rede.
Www.mobserver.co.za het berig dat verskeie ander skoolhoofde bevestig het dat daar ’n skielike toename in gevalle is.
Hospitaal bestuurder van Life Midmed Hospitaal, mnr. Hennie Viljoen, het gesê dat die hospitaal bitter min Covid gevalle behandel.
“Ons het bitter min pasïente in ons Covidsaal of in ons ongevalle eenheid, en dié wat wel opgeneem word, is nie ernstig siek nie.”
