News

Driejarige in hospitaal nadat bye haar op skoolterrein aanval

’n Driejarige dogtertjie is in Life Midmed Hospitaal opgeneem, nadat sy en drie ander kleuters deur bye aangeval is op die Kleuterskool Sunbeams se perseel.

Daar word verneem dat die dogtertjie 54 keer gesteek is.

’n Anonieme ouer het laat weet dat hulle gehoor het hoe die dogtertjie geweldig skree, en dat die kinderaarts aan haar ouers vertel het dat 54 angels verwyder moes word.

Skoolhoof van Middelburg Primary School, mnr. Renier Loubser, wat Sunbeams ook bestuur, het die byeaanval aan www.mobserver.co.za bevestig.

Hy het gesê dat die ander drie kleuters wat ook gesteek is, nie ernstige nagevolge oorgehou het nie.

Mnr. Loubser sê dat die bye vermoedelik trekbye is van ’n korf wat naby die skool geleë is.

“Ons kan nie bevestig of die bye op die perseel of naby die perseel is nie, maar ’n byeboer sal vandag ondersoek instel en die bye verwyder.”

Hy het ook bevestig dat die skool vir die dag gesluit is.

Www.mobserver.co.za kon nog nie met die kleuter se ouers kontak maak nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Check Also
Close
Back to top button