News

Vierde skool sluit weens Covid-19

Die vierde skool in Middelburg, hierdie keer Laerskool Staatspresident C.R. Swart, het aangekondig dat hulle hul deure vir ’n week sluit.

In ’n amptelike brief aan ouers skryf skoolhoof Pieter Fouché dat die skool vandag, Woensdag 2 Februarie, om 13:30 sluit en weer volgende Dinsdag, 8 Februarie, sal open.

Dit nadat Covid-19 positiewe gevalle by die skool “onrusbarend” gestyg het.

Lees ook: HTS Middelburg sluit weens Covid-19 uitbraak onder leerlinge

Daar is tans agt onderwysers wat Covid-19 positief is en drie klasse wat isoleer. Daar is ook op Dinsdag, 1 Februarie, 30 siek kinders, vir verskeie kwale, huistoe gestuur en vandag, voor eerste pouse, het 10 kinders reeds siek gevoel.

Mnr. Fouché het gesê dat daar geen rede tot paniek is nie en dat hulle slegs voorkomend optree nadat hulle advies van die Departement van Gesondheid, asook die Departement van Onderwys, ontvang het en in gesprek met die skool se beheerliggaam was.

Lees ook: Nog ’n skool sluit weens virus

Die Hoër Tegniese Skool Middelburg het verlede week aangekondig dat hulle vir ’n week toemaak. Die skool het hierdie week weer sy deure geopen.

Kort daarna het Kleuterskool Gansiekeur aangekondig dat hulle die helfde van die skool sluit en slegs die babaklasse, wat nie in kontak is met die groter kinders nie, sal oophou. Hulle maak die groter klasse weer komende Maandag oop.

Hoërskool Middelburg is ook tans gesluit en maak weer Maandag oop.

Hoërskool Ben Viljoen in Groblersdal is ook tans gesluit weens Covid-19.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button