News

Janmy Dienste se legendariese Jannie oorlede

Die welbekende en geliefde oom Jannie Myburgh (74) is gisteroggend (2 Februarie) in die vroeë oggendure in die Life Midmed Hospitaal oorlede.

Sy vrou, Maureen, sê hy is verlede jaar met kanker gediagnoseer. Sowat twee weke gelede het hy skielik baie swak geword en het sy hom in die Life Midmed Hospitaal laat opneem.

Die meeste inwoners het oom Jannie persoonlik geken, weens sy vriendelike, saggeaarde geaardheid.

Hy het in 1995 Janmy Dienste, die vulstasie in Samora Machelstraat, begin. As hy by die vulstasie was, het hy graag met kliënte gesels en ’n grappie vertel.

“He was the kindest, kindest man ever! Jannie was so lief vir sy kleinkinders,” sê tannie Maureen.

Die egpaar was 40 jaar getroud.

Oom Jannie word oorleef deur tannie Maureen, vyf seuns, skoondogters en kleinkinders.

Me. Myburgh sê hulle is nog besig met reëlings vir die roudiens, maar alle aanduidings is dat dit volgende Woensdag (9 Februarie), om 11:00, uit die Lighuis gemeente gehou sal word.

Haar een seun van Amerika is hier om saam met die res van die familie sy ma te ondersteun. Die ander seuns van Australië en Nieu Seeland sal egter nie die diens kan bywoon nie en sal dit virtueel volg.

Die skakel sal op www.mobserver.co.za geplaas word, sodra die familie dit ontvang.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button