Jansen Van Vuuren moordsaak uitgestel vir verhoor
Die moordsaak van Gerhard Jansen van Vuuren is pas in die Johannesburgse Hooggeregshof uitgestel vir verhoor.
Jansen van Vuuren staan tereg op die moord van sy meisie, Andrea Venter, wat in 2011 voor ’n woonstelkompleks in Johannesburg met ’n mes doodgesteek is.
Hy het probeer selfmoord pleeg, maar is in hegtenis geneem.
Lees ook: Plaaslike prokureur in moordverdagte se hoek
Jansen van Vuuren het later met vervalsde reisdokumente landuit gevlug, maar is in Junie 2020 weer in hegtenis geneem en aangehou. Interpol het hom in Oktober 202 vanaf Brasilië na die OR Tambo Lughawe vergesel.
Jaco Kruger, ’n Middelburgse prokureur, is deel van die nuwe verdedigingspan. Mnr. Kruger het Francois Joubert (wat hooggeregshof bevoegdhede het) instruksie gegee om die verskynings te behartig.
•Die saak is uitgstel na 16-20 Mei vir verhoor.
