News

Byna moeilikheid to reuse palm langs huis brand

Daar was byna groot skade by ’n huis in Kogelstraat toe ’n reuse palm aan die brand geslaan het.

Die brandweer het gelukkig soos blits opgedaag en die brandende boom, wat reg langs die huis staan, geblus. Die huis is skuins oorkant die NG Suid Kerkgebou.

Ooggetuies sê dat hulle bewus geraak het van rook in die lug wat hulle laat ondersoek instel en die brandweer ontbied het.

Niemand is seker hoe die palmboom aan die brand geslaan het nie.

Van die brandende takke het op die huis se dak geval maar dit kon verwyder word voordat die brand versprei het.

Stoom het uit die dakteels opgeslaan toe brandweermanne water daarop spuit om dit te laat afkoel.

Dit blyk egter dat buiten vir die palmboom, daar nie brandskade aan die gebou is nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Check Also
Close
Back to top button