News

Joernalis luister in op lugtydboef gesprek

’n Persoon wat dadelik besef het dis die lugtydboef met wie hy praat, het na www.mobserver.co.za se kantore gejaag sodat ’n joernalis kon inluister op die gesprekke.

Mnr. Marius Pretorius het vanaf Mica na ons kantore gejaag en daar kan duidelik gehoor word hoe “oom Jan” probeer om lugtyd uit hom te kry. Hy het dieselfde naam en plaasnaam gebruik as vorige gevalle.

Mnr. Pretorius sê “Oom Jan” het een van die ontvangsdames by Mica gebel en gesê hy wil ’n agterkwart skenk “want die inspekteurs is op pad en hulle gaan my beboet.” Die vrou het vir mnr. Pretorius gevra om “oom Jan” terug te bel sodat hulle hom kan help.

Mnr. Pretorius sê hy kon duidelik hoor dit is ’n ouerige persoon en was aanvanklik oorrompel met wat die ‘vriendelike oom’ gesê het.

“Hy het beloof dat hy nie net die agterkwart nie, maar ook biltong en ’n sakgeldjie vir die petrol sal gee as ek soontoe kom.”

Die man het vir hom, soos in mnr. Gawie Koekemoer se geval, ook gesê dat sy plaas, Vergelegen, op die Stoffbergpad geleë is.

Lees ook: Pasop vir vriendelike “Oom Jan” en sy “tannie Elsie”

Na twee of drie oproepe het die man weer gebel en gevra of hy nie vir hom vier R75 lugtydstrokies wil koop nie. Net daar het mnr. Pretorius besef dit is die lugtydboef!

Hy het na die kantore van www.mobserver.co.za gejaag en vir die joernalis beduie dat hy op die lyn is met die lugtydboef. “Oom Jan” was die hele tyd onbewus dat die joernalis inluister.

’n Mens kon hoor hy raak geïrriteerd toe mnr. Pretorius vir hom sê dat hy nog kwansuis “in die ry staan by die kruidenierswinkel om die lugtyd te koop.”

Nadat die joernalis een van die oproepe opgeneem het, het “oom Jan” weer en weer gebel en gevra dat mnr. Pretorius solank vir hom die strokies se kodes moet stuur, “want hy wil die werkers uitstuur met die trokke.”

Mnr. Pretorius het gesê hy wil net stop om dit te doen en het daarna “oom Jan” geblok.

•Volgens die Toep “Truecaller” is die nommer waarvan “oom Jan” gebel het, reeds aangedui as ’n swendelaar (scammer).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button