News

Kerk volg skole se voorbeeld, sluit Sondagskoolklasse

Covid-19 het nie net sy kloue in Middelburg se skole ingeslaan nie, ’n plaaslike kerk het ook nou aangedui dat Sondagskoolklasse gestop gaan word as gevolg van toenemende gevalle onder jong inwoners.

Die Hervormde Kerk Noord het aangekondig dat hulle hierdie week geen Sondagskoolklasse sal hê nie en slegs een diens om 09:00 sal hou. Alles sal weer na normaal terugkeer op Sondag 13 Februarie.

Sedert die 2022 skooljaar afgeskop het, het vier plaaslike skole aangekondig dat hulle vir ’n week gaan sluit na skerp stygings in Covid-19 gevalle onder leerders.

Die Hoër Tegniese Skool Middelburg was vir ’n week toe en het reeds weer geopen. Kleuterskool Gansiekeur se kleuterklasse maak eers weer Maandag oop. Hoërskool Middelburg sal ook komende Maandag weer met klasse begin. Laerskool Staatspresident CR Swart het hierdie week aangekondig dat hulle sluit en eers weer volgende Dinsdag, 8 Februarie, hul klasse sal open.

In die buurdorp Groblersdal, is Hoërskool Ben Viljoen ook tans gesluit weens hoë Covid-19 gevalle onder leerders.

Pastoor Danie de Kock van Corpus Christi, wat een van die grootste jeuggroepe in die dorp het, sê hulle gaan soos normaal voort.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Check Also
Close
Back to top button