News
Jannie Myburgh se roudiens kan virtueel gevolg word
Die legendariese Jannie Mybugh, van Janmy Dienste, se begrafnis kan aanlyn gevolg word.
Mnr. Myburgh is op 2 Februarie aan kanker oorlede.
Weens Covid-19 regulasies, het die familie besluit om sy roudiens virtueel uit te saai, en nooi die gemeenskap uit om die diens aanlyn te volg.
Lees ook: Janmy Dienste se legendariese Jannie oorlede
Mnr. Myburgh se roudiens vind more (Woensdag), om 11:00, plaas vanuit die Lighuis Gemeente.
Die skakel vir die diens kan op die Lighuis Gemeente Middelburg Facebookblad of YouTube kanaal gevind word.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
